Afrikaans Gedigte oor Sielsiekte en Institusionele Ervaring

(En twee Engelse vertaalings.)

image

Ingrid Jonker (oor die dood van haar ma)

Ontvlugting

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ek speel met paddavisse in ’n stroom
en kerf swastikas in ’n rookransboom

Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhongerd dwaal
en dooie nagte opdig as ’n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was

Escape (vertaal deur Antjie Krog en André Brink)

From this Valkenburg have I run away
and in my thoughts return to Gordon’s Bay:

I play with tadpoles swimming free
carve swastikas in a red-krantz tree

I am the dog that slinks from beach to beach
barks dumb-alone against the evening breeze

I am the gull that swoops in famished flights
to serve up meals of long-dead nights

The god who shaped you from the wind and dew
to find fulfilment of my pain in you:

Washed out my body lies in weed and grass
in all the places where we once did pass

image

image

Jeanne Goosen

Sarah

dankie vir die hulp
dat julle my toegesluit het
en vol pille gestop het
die gideonbybel en die koek seep in die strafsaal
was fokken goeie terapie
dankie dat julle my brein gesmelt het
met liewe jesus-versies, klei en stukkies tou
dankie vir  my sanity:
maandag is wasdag, dinsdag is strykdag en op ’n woensdag
skrop ek vloere

From a poem called sarah.

From a poem called sarah.

Brief

In die gestig gaan die lewe sy gewone gang
en word elke malle toegelaat
om normaalweg voort te gaan
Dis buite waar die dae versplinter lê
en die son in sy eie strale verstrik.
Hier is die water koud
en daar is geen seep nie
ek het my onderklere verbrand …
(U weet tog self ek het nie ’n strik vir my hare nie.)
Die suster is wit en internasionaal
soos ’n teepot
Sy klee ons eenders
In hierdie jurk
is dit maklik om jou enigiets te verbeel

uit Onstlag van die Gestig

[…]

Die bediende vryf die vloere
en ek ruik nie meer dat ek weg was nie
Sy was die skottelgoed
en ek hoor ek is terug
Sy was die reuk van die malhuis uit my trui.

[…]

the morning comes with its tatters  (translated by Tony Ullyatt)

the morning comes with its tatters
and its puzzles
there is nothing I am sure about
the lorry has stopped for the waste stuff
they congregate there, on the pavement
my shiny bags full of revulsion
paper and words
they are heaved shoulder high and carted away
there is nothing I want to save
the day glares; it will not rain
no, it will not rain today
the blind bird turns back to its shadow
he is still
despair has become more ferocious than the love song

image

image

Wilhelm Knobel

Gedig om ’n pil

Stelazine is jou naam
of liewer
so verkoop hulle jou
– wat jou herkoms  is of samestelling sal ek vir my broer moet vra.
Vir nou’s dit genoeg dat ek weet:
na die godsalige dag
van smeulende son by Clifton
is jý die koel bries oor my lyf
in my lyf
tot in die onderste lae van my gees
waar die son nooit kom nie

Dáár bevrug jy sonder vertoon
(Halopèrydol is daarvoor daar
of die naald in die poot van die Taradier)
wat lank  gebroei en gegis het
en eindelik versamel
in druppels van gekoelde wyn
tot gedig

Kliniek

die vet visse wat onder in die vywer
tussen die slymerige wortels van waterlelies draal
hoor nie die vals gesing in die grys gebou
oor families wat vergeet
en gedokterde tee in die luny [sic] bin
Uit die joernaal van ’n sieke
hy het so lank geleef
met die weerklank van groot sale
dat die grootheid van sy eie stem
onverwags in ’n klein lokaal
betrap
hom skielik laat besef
hy’s alleen

Limehill
ter nagedagtenis aan Ingrid Jonker

Vreedsaam
in iedere kerk in die Republiek
in Pretoria in Postmasburg in Kaapstad
gedenk gelowiges die dood van Christus.

Maar uit vuilgroen waters van Drieankerbaai
kla die stem van ‘n vrou
… of is dit ‘n sirene in die mis?
Die bloedlose dood van één kind
staan geskryf in bloed teen die Vaderlandslug.

In die son by Limehill
teken ‘n kind ‘n laer in die sand
en rustig vee hy dit
met ‘n enkele beweging van sy palm dood.

image

image

Karen Kuhn

Op Parool

In hierdie Crescent Clinic
word ek daagliks geleer
om te weet:
Staan soggens op,
wees betyds,
trek paslik aan,
slaap 8 ure,
eet drie maal.
Bestuur jou lewe
matig en gebalanseerd.

Met ontslag, leer
my tog die waansin
in die woorde: Ek wéét.

My Adres

Terug onder kliniese lakens,
tussendeur saalgeluide
en verdoofde denke
is ek mal
daaroor
om letters te skok en te doseer:
myself te sertifiseer

image

image

Aniel Botha

Stikland

Gestroop, gevange, gesertifiseer,
sit ek op die smal staatsdiensbed.
Die lakens, geel en gaterig, sê:
Eiendom van die RSA. Diefstal
is ’n kriminele oortreding.
’n Suster roep. Ek maak die bed op,
eet pap, drink Ricoffy, verstik.
Spreek ’n dokter. Staar na my hande:
eiendom van wie?

image

Inligting en Videos

Biografie van Ingrid Jonker
Onderhoud met Jeanne Goosen, deur Joan Hambidge.
Biografie van Wilhelm Knobel.
Onderhoud met Karen Kuhn oor ‘Ingeboek’.
Onderhoud met Aniel Botha, oor haar debuutbundel ‘Pirouette’.

Advertisements

One response to “Afrikaans Gedigte oor Sielsiekte en Institusionele Ervaring

  1. Reblogged this on Yve's Corner and commented:

    Afrikaans poetry about mental illness and experiences in psychiatric facilities.

    Karen Kuhn’s poem, My Adres is one of my favourites.

    My Adres

    Terug onder kliniese lakens,
    tussendeur saalgeluide
    en verdoofde denke
    is ek mal
    daaroor
    om letters te skok en te doseer:
    myself te sertifiseer

    Like

We love comments (hint hint).

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s